Mattachine-vereniging

Die Mattachine Steps in Silver Lake, Los Angeles. Die teken lui: "Harry Hay founded the Mattachine Society on this hillside on November 11, 1950."

Die Mattachine-vereniging (Engels: Mattachine Society) is in 1950 gestig en was een van die eerste LGBT-organisasies in die VSA, moontlik die eerste naas Chicago se Society for Human Rights. Die kommunis en arbeidsaktivis Harry Hay het die groep saam met ’n paar mansvriende in Los Angeles gestig om die regte van gay mans te beskerm en bevorder. Takke is in ander stede gestig en teen 1961 het die nasionale vereniging in streeksgroepe vertak.


Developed by StudentB